Op die 31ste Januarie het die eerste Bekmar-Biobrix opleidingsessie, na ‘n inleidingsessie, vir Agri-Merensky se Graad 10 en Graad 11 Landboutegnologie en Landboubestuurleerders plaasgevind.

Hannes Visser van Biobrix het ondermeer sy kennis in gewasse met die leerders gedeel. Hy het verduidelik waarom sekere gewasse in sekere omgewings floreer, asook die gevolge indien ‘n gewas in ‘n area inforseer word.

Die uitdagings tydens gewasproduksie is ook behandel sowel as die belangrike elemente om suksesvol te kan boer. Agri-Merensky se toekomstige boere kan hul solank regskuif vir die volgende opleiding en inligtingsessies wat op die 17de Februarie gehou sal word.

>