Drie van die Laerskool Tzaneen se swemmers, Mari Bru-wer, Milan Ferreira en Marny du Plessis het Limpopo tydens die Suid-Afrikaanse Skole Swemkampioenskappe op Kingspark in Durban verteenwoordig. Die kampioenskappe is vanaf die 20ste tot die 24ste April gehou.
Bruwer het in die dogters 12 jaar kategorie aan vier items asook die aflosse deelgeneem en het in al haar items die eindrondtes gehaal. Sy behaal ‘n tiende plek in die 100m rugslag, ‘n sesde plek in die 50m rugslag, ‘n negende plek in die 200m borsslag en ‘n negende plek in die 50m vryslag.
Du Plessis het in twee items asook die aflosse deelgeneem en het in die hoogs mededingde uitdunne van die 100m rugslag ‘n twaalfde plek los geswem. Sy het later tydens die uitdunne van die 200 Individuele Wisselslag ‘n veertiende plek los geswem.
Ferreira het ook aan vier items en die aflosse deelgeneem en het in die eindrondte van die 100m vryslag ‘n sewende plek behaal.