Die seuns en meisies hokkiespanne van Merensky Landbou Akademie het onlangs teen die spanne van hule bure, die Hoƫrskool Ben Vorster, kragte gemeet.

Die meisies se hokkiewedstryde het op die 16de Mei plaasgevind. Die bloues se gees langs die baan veral het al die deelnemende Plasie-spanne aangevoer en hulle het behoorlik ā€˜n hond uit ā€˜n bos gespeel om met welverdiende seges beloon te word.

Die O/14A span het hul wedstryd met 2-0 gewen en die Speler van die Wedstryd was aan Amelie Pretorius toegeken. Die O/15A-meisies het ook nie op hul louere gerus nie en hulle het die besoekers ook met 2-0 geklop. Kea Kganyago was as die Speler van die Wedstryd aangewys.
Die O/16A-meisies was in ā€˜n hewige stryd gewikkel, maar die gashere het uiteindelik met 2-1 die wedstryd beklink met JanĆ© Auret en Koena Malatji die toekenning vir die Speler van die Wedstryd gedeel het.

Die eerste meisiesspan van Merensky het in die hoofwedstryd van die hokkieliga rondte geen genade vir die besoekers getoon nie en het met oorwinning van 2-0 die Rooies terug op hul weg gestuur.

Soveel spelers het uitgestaan en dit was voorwaar ā€˜n stryd om ā€˜n speler in die eerste-liga wedstryd uit te sonder. ā€˜n Aantal meisies was dus as die Speler van die Wedstryd aangewys, naamlik LanĆ© Kasselman, Lara Leicester, ZoĆ« Malherbe en Larike Joubert.

Op die 24ste Mei het die eerste meisiesspan in ā€˜n ligawedstryd teen die HoĆ«rskool Pietersburg te staan gekom, terwyl die O/14A en O/16A-spanne op Saterdag die 27ste Mei teen die Pieties kragte sal meet.

Die seunsspanne het op die 19de Mei sake teen Ben Vorster uitgespook. Die O/14A-seuns het met ā€˜n allemintige tel-ling van 7-0 hul teenstanders die loef afgesteek. Jaimie de Carvalho het vyf van diĆ© doele aangeteken en het welverdiend die toekenning vir die Speler van die Wedstryd ontvang.

Die O/16A het met 1-4 die spit afgebyt en die eerstespanne se wedstryd het met een doel elk gelykop geƫindig.

>