DeWalt le Roux, ‘n Graad 10 leerder van Merensky Landbou Akademie, is voorwaar ‘n skut wat fyn kan korrel. Hierdie skut het tydens ‘n skiet-
byeenkoms op Phalaborwa in die O/16-Randslag afdeling met 260.01 punte die eerste plek ingepalm.
Hy het met hierdie prestasie sy Mpumalange-Noord streekskleure in sportskiet verwerf soos toege-ken deur die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging.
Op die 15de April het le Roux by die De Grootte Boom skietbaan in Burgersfort se omgewing aan ‘n Intertak Presidentskiet-byeenkoms deelgeneem. Tydens hierdie byeenkoms het hy weereens sy kranigheid met ‘n roer gewys deur ‘n eersteplek met 540 punte agter sy naam te skryf.
Hy het ook op die 12de Mei deelgeneem aan ‘n Intertak Presidentskiet-geleentheid gaan aanlê en die byeenkoms was deur die Ngwenya Tak naby Nelspruit aangebied. Hier het hy weer met die eersteplek gespog waar hy in die junior-afdeling deelgeneem het.