‘n Aantal perderuiters van Laerskool Tzaneen het tydens een van Limpopo se rondtes van die Suid-Afrikaanse Western Mounted Games (SAWMG) by Uitzoek Stalle net buite Tzaneen, hul ruitervernuf in die arena gewys.

Hierdie provinsiale rondte was vanaf Saterdag die 29ste en Sondag die 30ste April beslis en was deur talle ope-ruiters sowel as skoleruiters bygewoon.

Kyla de Beer

Dit was veral die Larries se Kyla de Beer wie met haar perd, Marmari Konsul, haar baie goed van haar taak gekwyt het. De Beer het in die SAWMG se ope- sowel as in die skole-afdeling as algehele wenner uit die stryd getree.

In die ope-afdeling vir Vlak 0 ruiters het sy in verskeie items, naamlik die Barrel Race, Figure 8 Stake, Sleutelgat, Poles 1 en Speed Ball haar teenstanders laat les opsê wat aan haar die algehele eersteplek besorg het.

Karli Human

Sy het in die SANESA Ope-afdeling vir Vlak 0 skoleruiters weereens die kroon gespan met haar perdryvernuf en het weer ‘n rits eersteplekke in haar items behaal om met nog ‘n algehele klaskampioenskap beloon te word.

Frieda Homan

Tydens haar deelname aan die tweede dag se verrigtinge het de Beer haar segetog voortgesit waar sy die vorige dag opgehou het. Sy het die items vir die SAWMG se ope-afdeling, naamlik Bi-rangle, Hurry Scurry, Sleutelgat, Quadrangle en Speed Barrels, oorwinnings behaal om as die algehele wenner vir die afdeling uit die stryd te tree.

Sulize Stander

Sy was in dieselfde bogenoemde items, die keer in die ope-afdeling vir skoleruiters, weer ontstuitbaar om met die algehele eersteplek weg te stap.

Limay Schutte het in die eerste dag se kompetisie met haar perd, Mia Muis, aan SANESA se Ope-afdeling vir Vlak 0 ruiters deelgeneem. Sy het derdeplekke vir die B-rangle en Hurry Scurry items behaal en sy het in die Sleutelgat, Quadrangle en Speed Barrels items telkens vierde behaal. Dit was egter genoeg om aan haar die derde algehele plek te verseker.

Limay Schutte
>