Saai het ambassades in Suid-Afrika gekontak om hulle oor die ANC se voornemens in te lig en om groter bewustheid te skep oor die grondonteining sonder vergoeding.

Die Suider-Afrika Inisiatief (Saai) het President Ramaphosa se standpunt dat die ANC nie die EFF se strewe na die nasionalisering van grond steun nie verwelkom, maar glo dat die hewige reaksie van plaaslike sake-georiƫnteerde groepe en uit die buiteland nie oorbodig was nie.

Volgens Saai is grondeienaars en veral boere egter nie deur die president se uitspraak gerusgestel nie. Suid-Afrika het al daaraan gewoond geraak dat die regerende party rondom omstrede kwessies ā€™n vlieĆ«r opstuur om die politieke klimaat te toets, en wanneer die temperatuur te warm is daarvan afstand doen en dit dan tydelik weer wegpak.

So is die idee om gewone Suid-Afrikaners te ontwapen reeds ā€™n paar jaar gelede deur die ANC geopper, maar nĆ” heftige reaksie is dit as ā€™n blote gespreksrigting binne die party afgemaak. Nou dryf die Minister van Polisie, Bheki Cele, daardie agenda weer sterk.

Die president het drie jaar gelede by die Verenigde Nasies die verskynsel van plaasmoorde ontken, maar nĆ” omvattende negatiewe reaksie daarop, die wĆŖreld probeer oortuig dat sy regering ernstig is om iets aan die ontstellende plaasaanvalsyfers te doen.

Gegewe die gebrek aan implementering van die landelike veiligheidstrategie en die ontwapening van kwesbare plaasfamilies, is die meeste boere maar skepties oor die ANC se verbintenis tot die president se standpunte. As die ANC so verbind was tot die president se standpunt teen die nasionalisering van grond, waarom sou senior leiers in die party wat direk met die beoogde grondwetwysiging gemoeid is, dan toegelaat word om so ā€™n radikaal anderse standpunt die wĆŖreld in te stuur?

President Ramaphosa se versekering dat nasionalisering van grond nie deel van die onteiening-sonder-vergoeding-pakket is nie, is die resultaat van volgehoue druk van voorstanders van ā€™n vryemarksisteem, en kom nie uit die ANC se oortuiging nie. Daarom kan die druk op die regering om ā€™n meer besigheids- en beleggersvriendelike rigting in te slaan, ook nie verlig word nie.

>