image of a laptop and a cellphone being used by an unknown person.
Die "gadgets waarsonder raadslede nie hul taak sou kon verrig nie.

Die Groter Tzaneense Munisipaliteit (GTM) het sedert Februarie 2022, elke maand R890 van die salarisse vir hul raadslede afgetrek vir skootrekenaars wat aan die raadslede gegee is om hul funksies waarvoor hulle aangestel is, te kon verrig.

Hierdie maand, in die raadsvergardering is daar aangekondig dat daardie gelde aan al die raadslede terugbetaal sal word aangesien die skootrekenaars as belangrike gereedskapstukke (of te wel “gadgets”) geag word waarsonder die raadslede nie hul funksies sou kon verrig nie.

Gedurende die raadsvergardering het die munisipale bestuurder, Donald Mhangwana, gesê dat die proses rakende die raadslede se selfone en skootrekenaars wat nie korrek gevolg is nie, reggestel sou word en dat ‘n bedrag van R8 800 aan die raadslede terugbetaal sou word en die toestelle dan die eiendom van die munisipaliteit sou bly. Verlede maand, Mei, het die GTM die aftrekkings gestaak.

Die raadslede het appaleer teen die bedrag. Mhangwana het beloof dat die munisipale bestuursraad hul koppe bymekaar sou sit om ‘n nuwe bedrag aan die raadslede voor te lê in die nabye toekoms. Teen druktyd was nog geen terugvoering hieroor gegee nie.

Intussen het ons self ons berekeninge gedoen en voorlopig wil dit voorkom asof die GTM ‘n totale bedrag van R12 460 per raadslid sal moet terugbetaal. Daar is 69 raadslede (35 wyksraadslede en 34 PR raadslede) wat beteken dat daar nagenoeg R859 740 terug betaal moet word, slegs vir skootrekenaars.

image of a municipal building with a man walking from the entrance
Die GTM gebou in Tzaneen.

Ons het die woordvoerder van die munisipaliteit, Vutivi Makhubele  vir ‘n verduideliking hieroor gevra. Teen druktyd het ons egter nog geen terugvoering ontvang nie.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) bevind dat 62% van munisipale raadslede nie oor die nodige rekenaarvaardighede besit het om deurslaggewende munisipale begrotings deur te voer nie.

In 2021 het Salga se nasionale werkgroepvoorsitter, Bheki Stofile, in ‘n eNCA-onderhoud gesê hulle het hierdie uitdaging ontdek tydens die Covid-inperking toe munisipaliteite met afgeleë werkers moes werk.

Tydens die inperking moes munisipaliteite steeds aan wetgewende voorskrifte voldoen, soos om begrotings deur te gee.

“Baie munisipaliteite het gesukkel om aan voorskrifte te voldoen en begrotings deur te gee. Raadslede is gewoond daaraan om onder een dak te vergader sonder om “gadgets” te gebruik,” het hy gesê.

“Ons het opgemerk dat baie raadslede dit moeilik vind om rekenaartoestelle te gebruik wanneer hulle op afstand werk, wat ons in die toekoms moet verbeter.”

Stofile het gesê hoewel hulle raadslede teëkom wat glad nie ‘n rekenaar kan gebruik nie, kom die meeste van die probleme met aanlyn vergarderingd oor Zoom, of soortgelyke platforms voor.

>