Die breër gemeenskap van Tzaneen groet hierdie week een van hul oudste inwoners. Oom Nicolaas Jacobus Espach, alombekend as ‘Soekie’, is verlede week na ‘n lang siekbed oorlede. Soekie het in 1964 aan die Hoërskool Ben Vorster gematrikuleer.

Hy was bekend vir sy uitmuntende sporttalent asook prestasies op talle ander gebiede. Hy het later sy talente aan sy nageslagte oorgedra. Ererolle spreek as getuie van die Espach’s se prestasies.

Hier het hy sy vrou, van 54 jaar, ontmoet. Sy vier kinders: Amanda, Lindie, Yolanda en Wynand is almal oud-Vossies wat nou nog betrokke is in Tzaneen se gemeenskap. Vyf van sy sewe kleinkinders en drie van hul egge-note het ook hul skoolloopbane op Ben Vorster voltooi.

Soekie laat sy vier kinders Amanda, Lindie, Yolanda en Wynand, asook sewe kleinkinders en vier agterkleinkinders na. Sy begrafnis was Woensdagmiddag by Die Boom op die APC Jagkamp gehou.

>