Tzaneen Privaat Akademie se leerlinge het die afgelope week ‘n besoek vanaf die hoofinspekteur van die DBV, Ellie Potgieter ontvang. Haar besoek aan die skool was egter nie om ‘n verlore hondjie of katjie te redde te snel nie, maar wel om vir ‘n groep jong maats in te lig oor wat presies die DBV is, en ook hoe hulle te werk gaan om se-ker te maak dat verwaarlose diere die nodig hulp en liefde ontvang wat hulle verdien.

Vroeër in die maand het een van die skool se onderwysers ‘n gesprek tussen twee van die jong seuns op die skool terrein gehoor. Die seuns het bespiegel oor wie en wat die DBV is en een van die maats het aan sy vriend verduidelik dat diere wat deur die DBV opgelaai word, dadelik van kant gemaak word.

Die onderwyseres het toe besluit om vir inspekteur Potgieter na die skool te ontbied sodat die saak reggestel kon word. In ruil vir haar tyd en moeite het die kinders ‘n insamelingsprojek van stapel gestuur en ‘n berg blikkies kos, komberse en ander toebehore is ingesamel.

Potgieter het na haar praatjie ‘n vinnige vrae en antwoorde sessie met die leerlinge ingewerk waarna sy die skool hartlik bedank het vir die skenkings voor sy teruggekeer het. Tzaneen Privaat Akademie bedank al die ouers, onderwysers, leerlinge en instansies wat bygedra het tot hul suksesvolle bewusmakingsveldtog.

>