Die vreugdevure het Maandagmiddag die 1ste Mei hoogebrand in die rugbykamp van die Hoërskool Ben Vorster.

Dit na dié eerstespan van die Vossies drie agtereenvolgende skitter oorwinnings by vanjaar se Sportfees, aangebied deur Bergsig Akademie op Rustenburg, behaal het. Hierdie jaarlikse sportfees was vanaf die 27ste April tot Maandag die 1ste Mei beslis en het skole rugbyspanne van verskeie provinsies gelok.

In Ben Vorster se eerste wedstryd het hulle die 15-tal van die Hoërskool Jim Fouché gepak. Hierdie opwindende stryd het vir lekker klipharde hardloop rugby gesorg. Beide spanne het geweier om bes te gee, maar dit was uiteindelik Ben Vorster wat die oorhand gekry het om met 38-29 te wen. Die Vossies se Laython Nel was as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Die volgende dag, Saterdag die 29ste April, het Parel Vallei se span die stryd teen Ben Vorster gevoer. Hoewel die Parel Vallei-spelers moedig probeer het om die rooi en wit truie te stuit, was hul net nie opgewasse vir hierdie aanslag nie.

Ben Vorster het met 20-8 gewen. Die enigste ligpuntjie vir die Parel Vallei-span was toe hul speler, Orin Adams, na die wedstryd aangewys was as die Speler van die Wedstryd.

Volgende in die Vossies se visier vir nog ‘n oorwinning was die span van die Hoërskool Randburg. Daar was min te kies tussen dié twee spanne. Randburg se 15-tal het alles in die stryd gewerp, maar Ben Vorster het weereens nie hul ondersteuners teleurgestel nie en het die wedstryd met 22-16 gewen. Hierdie keer is die Vossies se Divan Spangenberg as die Speler van die Wedstryd aangewys.

>