Die Limpopo spanne vir die 2023 seisoen is aangewys en ‘n hele paar Laerskool Tzaneen spelers is in die verskeie spanne opgeneem.
Ilana Lubbe, Lika Nel en Shekinah Ramabulana is ingesluit in die O/13 A-span wat gaan deelneem aan die Interprovinsiale toernooi in Bloemfontein vanaf die 1ste tot die 5de Julie.


Maryna Jacobsz, Mandla Nkuna, Ndzaka Twala en Livhuwani Makwarela is in die B- en C-spanne ingesluit. Hierdie spanne sal aan ‘n toernooi in Potchefstroom vanaf die 29ste Junie tot 3de Julie deelneem.
Die O/12 spelers wie in die streekspanne ingesluit is, is Kaylee Dreyer, Dunay Dreyer, Jany Norval, Kgotatso Senyolo, Willem Mostert, Celbie Rabopape, Ruan Bieldt, Luan Lubbe, Refentse Pheladi en Liam Fourie. Hierdie spelers sal in Krugersdorp vanaf die 30ste Junie tot die 4de Julie deelneem.