Die Hoƫrskool Ben Vorster se meisies en seuns eerste hokkiespanne het op Rustenburg by Bergsig Akademie se jaarlikse Sporttoernooi deeglik hul stempel afgedruk. Die toernooi is van die 27ste April tot die 1ste Mei aangebied.
Dit was veral die Buffelkraal se meisies hokkiespan wat deurgaans beƫindruk het met die aantal seges wat hulle behaal het.
In die twee kragmetings teen die span van Rob Ferreira het Ben Vorster die een wedstryd met 1-0 gewen en in die volgende ontmoeting ān oorwinning van 2-1 aangeteken.
Die span van Selly Park kon nie ān antwoord op Ben Vorster se aanvallende spel gee nie en het met 0-3 teen die Tzaneense besoekers vasgeval.
Die gasheerskool, Bergsig Akademie, se hokkiemeisies is ietwat verneder na Ben Vorster hulle in beide wedstryde gemaklik geklop het. In die eerste ontmoeting het Ben Vorster ān weghol oorwinning van 0-5 gevier en in die tweede kragmeting het Bergsig moedig probeer, maar kon geen teenstand bied teen die Rooi Golf nie en het die keer met 0-2 die afgtog geblaas.
Ben Vorster se seuns eerste hokkiespan het gemengde welslae in hul wedstryde behaal, alhoewel die span egter geen van hul kragmetings verloor het nie.
In die Vossies se eerste ontmoeting teen Selly Park het hulle met 2-1 gewen. In die tweede kragmeting het beide spanne mekaar behoorlik opgekeil en die wedstryd het uiteindelik met een doel elk (1-1) geƫindig.
Die tweedespan van Selly Park het ook die Vossies se seuns eerste hokkiespan aangedurf en het met ān loesing van 0-2 ān hokkiesles ontvang. Die wedstryd teen Bergsig het vir ān taai en opwindende tweestryd gesorg.
Beide spanne het twee doele (2-2) aangeteken en geen van diƩ twee spanne kon daarna slaag om die wendoel in die doelhok te slaan nie.
Die deelnemende skole by Bergsig se sporttoernooi wat ook rugby en netbal ingesluit het, was Hoƫrskole Ben Vorster, Randburg, Riebeeckrand, Die Wilgers, Rob Ferreira, Rustenburg, Frikkie Meyer, Jim FouchƩ, Linden, Grenswag, Koster, Parel Valley High School, Krugersdorp High, Queens High, Rustenburg Rugby Akademie, Grenville, Selly Park en Fields College.