Met die Limpopo Skole Swemkampioenskappe wat aan die begin van Februarie hier op Tzaneen beslis was, het ‘n aantal van dié dorp se swemtalent daarin geslaag om vir die Suid-Afrikaanse Skole Kampioenskappe te kwalifiseer.

Die Laerskool Tzaneen se trippel-M swemmers, naamlik Mari Bruwer (Gr.6), Marny du Plessis (Gr.7) en Milan Ferreira (Gr.7), gaan saam met die Limpopo skolespan die room van Suid-Afrikaanse skoleswemmers vanaf die 20ste tot die 24ste April in Durban die stryd aansê.

>