Altesaam vier gholfspelers van die Hoërskool Ben Vorster het op Dinsdag die 19de Julie aan die Limpopo Hoërskole Gholfkampioenskap in Polokwane deelgeneem.

Te midde van strawwe kompetisie het Ben Vorster se span met Marno Jacobs, Sumari Vorster, Ruben Vosloo en Rudolf Theunissen steeds rekening van hul vermoëns gegee, maar moes uiteindelik met die vierdeplek algeheel tevrede wees.

Die skool se gholfspan is egter vasberade om volgende jaar te verbeter op hul vierdeplek. Theunissen was die gemaklikste met die speel omstandighede en hy het met sy spel van 32 punte uitgeblink vir sy span.

>