Die Hoërskool Ben Vorster het Vrydag die 22ste Julie by die gholfbaan van Tzaneen Buiteklub ‘n SA Legends Gholfdag aangebied waar ‘n aantal voormalige Suid-Afrikaanse spelers hul opwagting gemaak het.

Volgens dié skool se direkteur van rugby, Rein-hard Gerber, is die geleentheid gebruik om geld in te samel vir die skool se rugbyfonds wat natuurlik uitsluitlik vir rugby aangewend gaan word om die sport by die skool verder te be-vorder.

‘n Aantal oud-Vossies het selfs tyd ingeruim om saam met die SA Rugby legends soos Grant Esterhuizen, Ettienne Reynecke, Wynand Olivier, Mac Masina, Dave von Hoeslin en Henno Mentz hierdie geleentheid mee te maak.

Daar was groot pryse op die spel waarmee die spelers beloon was. Liano Viviers en Cornell Jacobs het met die eerste prys louere weggestap. In die tweedeplek was Jeandré Louw en Juan Winter. Die derde plek se prys het aan Bruce Mogg en Cronje van Staden gegaan.

Viviers het ook die prys geneem vir die speler wie die verste dryfhou vir die 17de putjie aangeteken het. Louwrens Mostert was die wenner vir die verste dryfhou vir die 15de putjie.

Christopher Malan was die speler wie die prys gewen het vir die hou naaste aan die pen vir die sesde putjie. Die prys vir die speler naaste aan die pen vir die 13de putjie was aan die Suid-afrikaanse rugby legend, Ettienne Reynecke, toegeken.

Die Hoërskool Ben Vorster wil graag elke borg, speler, uitstaller en almal wie betrokke by die dag was hartlik bedank vir hierdie suksesvolle geleentheid.

>