Frikkie Spangenberg en sy vrou, Elizma, is nuwe leerkragte wie vanaf die vierde kwartaal by die Hoërskool Ben Vorster gaan aangesluit.
Spangenberg wie belange het in rugby, krieket en atletiek, gaan as die Buffels se nuwe Rugbydirekteur en Hoof van Sport aangestel word.

Spangenberg se aanstelling is net een van Ben Vorster se oogmerke om die skool se sport en rugby na nuwe hoogtes te neem.

Hy self was ‘n kranige rugbyspeler wie ondermeer vir die Limpopo Blou Bulle se Cravenweek-span uitgedraf het, en vir verskeie Blou Bulle-spanne insluitend vir die seniorspan gespeel het. Hy het ook vir die Suid-Afrikaanse O/21-span gespeel.

Sy kennis van rugby strek nie net tot die speel van die spel nie, maar hy spog ook met ‘n roemryke loopbaan as afrigter. Hy was ondermeer as breier vir sewe jaar by die Goue Leeus Rugby Unie en het ook met provinsiale spanne vir drie eindstryde deurgedring. As afrigter het hy spanne na vele roemryke glorie gelei, en gebrei.

Hy is tans die afrigter van die Hoërskool Noordheuwel se eerste rugbyspan. In die afgelope 20 jaar het Spangenberg hom as ‘n baie bekwame skopafrigter beaam en maak selfs tyd om aspirante los-skakels privaat af te rig.

Soos die inleiding getuig, strek Spangenberg se ervaring verder as net rugby. As skolier het hy vanaf gr.7 tot in matriek kleure vir die destydse Verre-Noord Krieket ontvang. Hy was ook krieketdirekteur, direkteur van sport en krieketbreier by ondermeer Monnas, Maragon en Fontainbleau.

Sy spesialis afrigtingsvermoë het gesorg vir twee Gauteng spanne om by nasionale week toernooie onoorwonne hul stempel af te druk. Hy is tans ook die afrigter van Noordheuwel se eerste krieketspan.

Afgesien van sy spesialis kennis in rugby en krieket, is Spangenberg ook ‘n baie bekwame atletiekafrigter.

Hy spesialiseer in die afrigting van naellope en middelafstande. Onder sy mentorskap het vele atlete provinsiale sowel as SA-kleure verwerf, waarvan een van die hoogtepunte ‘n O/13 meisies-atleet was wie die Suid-Afrikaanse rekord vir die 800m-item opgestel het.

Sy vrou, Elizma, is tans by Noordheuwel die Departemente Hoof van Rekeningkunde, Besigheidstudies, Ekonomie, Rekenaartoepassingstegnologie en Inligtingstegnologie.

Sy is nie net ‘n passievolle leerkrag nie, maar het op die netbalbane vele medaljes by Gauteng- asook SA-kampioenskappe verower. Sy gaan die rol as Adjunkhoof van Akademie by Ben Vorster vervul.

>