‘n Paar rugbyspelers van die Hoërskool Ben Vorster het Woensdagmiddag die 20ste Julie wyser geraak nadat ‘n voormalige Springbok skrumskakel, naamlik Deon de Kock, die skool besoek het en hulle die fynere kunsies van die spel touwys gemaak het.

De Kock beaam hom deesdae as ‘n verkopebestuurder by ‘n gevestigde kweekhuis in Gauteng. So tussen die gewerskaf deur is hy ook betrokke as ‘n spesialis afrigtingskonsultant van Ratel Rugby wat hul beywer om skolerugby verder te bevorder.

De Kock se veld is juis in die afrigting van skrumskakels en die Vossies spelers wie aan die afrigtingsessie deelgeneem het kan nie wag vir die rugbyseisoen om weer te begin, om hul nuut gevonde kennis op die veld te beproef nie.

“Ek persoonlik glo nie daarin dat ‘n mens passie kan afrig nie, dit is iets wat ‘n speler self moet aankweek en laat groei. Ek is ‘n groot ondersteuner van skolerugby en het selfs op ‘n tydstip rugby by Pretoria Boys High afgerig.”

De Kock is van mening dat Suid-Afrika sekerlik een van die beste grondfases vir rugby in die wêreld het in die sin dat skolerugby in vandag se terme so ‘n professionele aanslag het.

Ratel Rugby het hierdie wyse advies met skolerugbyspelers gedeel wie beoog om hul spel te verbeter, of selfs streef om rugby as ‘n professionele loopbaan te wil volg.

“Daar is tien aspekte wat geen ta-lent behels om ‘n suksesvolle sportman, oftewel rugbyspeler te word nie, mits dit gelowig met elke oefening toegepas word,” het de Kok bygevoeg.

“Hierdie aspekte is om stiptelik op tyd te wees, voorbereid, energiekheid, hardwerkend, afrigbaar te wees, plaas die span altyd eerste, moedig jou spanmaats aan al sit jy op die plaasvervangingsbank, stel uitdagings aan jouself, wees gedurig positief en laastens die ekstra myl sal stap sonder dat dit van jou verwag word.”

>