Die ATKV Eiland Spa Rolbalklub het die afgelope Saterdag, die 16de Julie, die volgende rondte se geborgde rolbalkompetisie aangebied met die rolbalspelers wat ywerig van vroegdag af al die balle aan die rol gesit het.

Hierdie rondte se pryse vir die top drie spanne was deur Build It Letsitele geskenk. Daar was selfs ‘n gelukkige trekking na die prysuitdeling gehou waar van die ander deelnemers ook met pryse weggestap het. Rodger MacConnel, die bestuurder van Built It Letsitele, was teenwoordig om die spelers se pryse te oorhandig.

Hierdie rondte was uiteindelik deur Nico Hudson, Sharon Campbell en Jan Beukes gewen. Die span wat die tweedeplek beklee het se spelers is Bertie Conradie, Anna Conradie en Johan von Backstrom. Die span van Andy Campbell, Leon van Dyk en Susan van Staden het derde geëindig.

>