Karen Kruger, skakelbeampte van die ATKV Eiliand en Spa Rolbalklub, gee toe dat dit harde werk verg om noemenswaardige borge te kry vir dié rolbalklub se kompetisies, veral in die huidige ekonomiese toestand waarin besighede hulself bevind.

“Dit is dus met groot dankbaarheid vanaf die bestuur van die ATKV Eiland Rolbalklub dat ons ‘n nuwe ondersteuner vir hierdie wonderlike sport kon kry, naamlik Pick ‘n Pay Phalaborwa.”

Daar was twee rolbalsessies op Saterdag die 9de Julie gehou, om die groot aanvraag vir deelname aan die dag se spel te kon bewerkstellig.

Die afgelope Saterdag se wenners was Jonel Hudson, Pat Strachan en Leon van Dyk. Die span van Nico de Bruyn, Elize Malan en Jan Beukes het die tweedeplek beklee met die span van Nico Hudson, Elsa Liebenberg en Connie Coetzer wie in die derdeplek geëindig het.
Op Saterdag die 2de Julie het spelers vir die Van Heerdens Apteek Tzaneen kompetisie aangetree.

Die wenners van die Van Heerdens Apteek toernooi was Robbie Strachan, Sias Smuts en Johan von Backstrom. Die span in die tweedeplek was Jonel Hudson, Linda Pieters en Floors Venter. Hannelie Meyer met spanmaats Lynn de Bruyn en Estelle de Beer het die derdeplek se pryse ontvang.

>