Altesaam drie rugbyspanne van Laerskool Dr Annecke het op Dinsdag die 14de Junie na Polokwane gereis waar hulle in die halfeind- en eindrondtes van die Blou Bulle Laerskole Rugbyvereniging se ligakampioenskap vir medium grote skole deelgeneem het.

Die was veral die Antjies se tweedespan wat met hul uitmuntende vertoning in beide hul halfeind- en eindstryd kragmetings die kollig gesteel het.

In die halfeindstryd het Dr Annecke se tweedespan teen een van die gunstelige van die ligakampioenskap, Julian Muller van Groblersdal, te staan gekom. Die twee spanne het alles in die stryd gewerp om hu plek in die eindstryd te bespreek.

Dit was egter die Antjies wat die oorhand gekry om die halfeindstryd nouliks met 14-12 te wen en na die eindstryd toe aan te vorder. In die eindstryd het die span van Laerskool Ellisras die Antjies begroet.

Dr Annecke se tweedespan het egter kookwater rugby gespeel om daarin te kon slaag om hierdie eindstryd uit die vuur te trek. Hulle moes aanvanklik eers ‘n agterstand van 14-22 uitwis. Ellisras kon egter nie die Antjies se begeesterde 15-tal weerhou nie.

Inteendeel, Ellisras kon geen verdere punte in die tweede helfde aanteken nie en Dr Annecke het met ‘n pragvertoning van 31-22 die wedstryd gewen om sodoende as die 2022 ligakampioene vir medium skole gekroon te word.

Die spelers van Dr Annecke wie drieë gedruk het was PJ Moseamedi wie twee keer vir sy span agter die pale gaan kuier het vir sy twee drieë, en een drie elk was deur die onderkaptein Dawid van den Bergh, Adriaan Fichardt en Christian Duvenhage gedruk.

Die span se stelskopper, Adriaan Fichardt, het duidelik aan sy stelskoppe gewerk en het vier van die drieé suksesvol verdoel.

Dr Annecke se O/9-span het egter in die halfeindtryd naelskraaps teen Ellisras met 12-17 verloor. In die O/11-span se halfeind het hulle teen Julian Muller te staan gekom. Die Groblersdallers het die halfeindstryd nouliks met 14-10 gewen en sodoende die Antjies vir die eindstryd uitgeknikker het.

>