Wolkberg Akademie vir Christelike Volkseie Onderrig (CVO) het op die 20ste Mei sy jaarlikse gholfdag aangebied wat by Tzaneen Buiteklub beslis was.

Altesaam 19 spanne met vier spelers per span het aan hierdie geleentheid deelgeneem.

Die organiseerders van hierdie gholfkompetisie met KWV House of Brandy as die hoofborg het hul dank aan elke speler oorgedra asook al die sakeondernemings wat bewillig het om die dag te ondersteun wat verder tot die sukses van hierdie geleentheid bygedra het.

Die geld wat by hierdie gholfdag ingevorder was gaan gebruik word vir fondse vir die ontwikkeling van die Wolkies se skoolterrein.

>