Henco Minnaar is Saterdagaand in ‘n gru-ongeluk oorlede. Hy was 24 jaar oud. Die nuus van Henco se ongeluk het skokgolwe deur Tzaneen se gemeenskap gestuur met menigde mense van regoor die kontrei en selfs sover as uit die VSA, wat boodskappe van meegevoel op sy Facebook-muur vir familie en vriende gelos het.

Hy was bekend as die lewe van enige sosiale samekoms en met sy siening “doen meer in die lewe as om net te lewe” het hy diep spore in die harte van die wye gemeenskap getrap.

Elke persoon wie hom geken het, beskryf hom as die persoon met die groot hart en die grootste persoonlikheid. Hy laat sy ouers, Kobus en Mariana, sy oupa Oom Hennie, Oom Frik en sussie, Nadia en swaer Werner agter.

>