‘n Aantal gimnaste van Infinite Gymnastics het die afgelope naweek in Polokwane aan die Limpopo Ritmiese Kampioenskap vir Vlak 1 tot 3 hulself met uitstekende prestasies hulself sowel as hul teenstanders oortref.

Nie net het al 19 hierdie gimnaste met ‘n rits medaljes teruggekeer nie, maar het sodoende ook daarin geslaag om provinsiale kleure te verwerf.

Dit beteken hierdie gimnaste het gekwalifiseer om Limpopo by die opkomende Noord-Sone Kampioenskap in Johannesburg op die 11de Junie te verteenwoordig.

Die gimnaste is onder die bekwame afrigting van Esri Hugo, wie op haar dag selfs uitgeblink het in die sport en as ‘n driejarige kleuter al gimnastiek beoefen het.

Die klub se Jordan Moss was die uitblinker onder die Infinite gimnaste. Sy was as die Beste Vlak 2 deelnemer van die kampioenskap aangewys. Hierdie gimnaste berei nou voor vir die opkomende North Zone kampioenskap wat op die 11de Junie in Johannesburg gehou gaan word.

“Ons as klub is ongelooflik opgewonde om weer in persoon te kan deelneem aan kompetisies. Die virtual kompetisies was ‘n groot aanpassing en tog net nie dieselfde as om voor ‘n lewende gehoor en beoordeelaars op te tree nie”, het Hugo gesê.

“My gimnaste word jaarliks al beter. Ek kan elke jaar sien hoe elke gimnas op hul eie manier groei. Ons as afrigters leer ook elke jaar meer en meer, en so verbeter die uitslae ook elke jaar”

“Hierdie kompetisie seisoen vir die Infinite se juniors was sovêr ‘n ongelooflike goeie jaar. Ons is ‘n klub wat verseker nie terugstaan om hard te werk nie.”

>