Ben Vorster het die afgelope Saterdag, 9 April, teleurgesteld verneem dat die netbalwedstryde op hul tuisveld teen die Hoërskool Pietersburg weens die voortdurende reën afgelas moes word.

Dit na hulle die afgelope paar weke daarvoor voorberei het. Die Vossies se A-spanne het juis ter voorbereiding vir die komende seisoen vanaf die 18de tot die 21ste Maart aan die Hoërskool Menlo Park se netbaltoernooi in Pretoria deelgeneem.

Tydens hierdie aksiebelaaide toernooi het Ben Vorster se spelers teen sterk kompetisie te staan gekom.

>