Willis Steenkamp, die hoof van die Laerskool Tzaneen, was tydens ‘n informele geleentheid Donderdag die 10de Januarie ampetlik as die skool se hoof ingehuldig.

Steenkamp is slegs die sesde hoof in die bestaan van Laerskool Tzaneen se 100 jaar na Vic Rijne as hoof verlede jaar na 21 jaar se diens die leisels aan Steenkamp oorhandig het.

Rijne wie ook by hierdie geleentheid was, het aan Steenkamp sy amptelike Larries baadjie oorhandig.

Steenkamp is vol vertroue dat hy hierdie pos met welslae sal kan vul, te danke aan ‘n personneelkorps wat bankvas agter hom staan asook ‘n gevestigde ouer beheerraad wat die passie van die Larries net so hoog op die hart dra.

Rijnen het in sy toespraak genoem dat dit moeilik was om uiteindelik die tuig neer te lê, maar dat hy met vertroue sy aftrede kan geniet met die wete dat Laerskool Tzaneen in goeie hande is met Steenkamp aan stuur van sake.

Hierdie geleentheid was in die laerskool se nuwe Larrie Den gehou wat spog met allerlei onthaal toerusting om gaste te trakteer tydens byeenkomste soos die onlangse Interlaer Atletiekbyeenkoms wat deur die skool aangebied was.

Hierdie gebou was teen einde verlede voltooi te danke aan die uithaler samewerking van die Larries gemeenskap.

>