Die skuts van die Hoërskool Ben Vorster het hul seisoen uitstekend begin met hul deelname aan ‘n liga-byeenkoms in die omgewing van Koedoeskop.
Die skuts wie deelgeneem en presteer het was Mianel du Plooy (o/16), Schalk van Niekerk (o/16), Dreyer van Heerden (o/14) en Marnu Duvenhage (o/14).
Du Plooy het skoonskip gemaak en in al die afdelings eerste plekke behaal en was ook die algehele wenner van die o/16 afdeling. Haar 3P-aanslag was ewe indrukwekkend waar sy ‘n telling van 507 uit 600 met ‘n gemiddeld van 85% geskiet het.
Van Niekerk het ‘n algehele tweede plek verower asook in al die afdelings van die kompetisie waarin hy geskiet het ‘n gemiddeld van 81% behaal.
Van Heerden en Duvenhage het onderskeidelik tweede en derde plekke in al die afdelings losgeskiet. Van Heerden het ‘n algehele telling van 746 uit ‘n 1000 aangeteken.