Skuts van die Hoërskool Merensky se Boogskietklub het op die 19de Februarie op Cullinan aan ‘n ASA (Archery Shooters Association) boogskietbyeenkoms deelgeneem.

Die skuts wie goue medaljes verwerf het was Dian Schnettler, Luke Skates, Aubrey van Niekerk en Thomas Strydom. Die skuts wie silwer medaljes toekennings ontvang het was Nic de Beer, Dewalt le Roux, Matthew Phillips en Gerhardus Erasmus.

Van die klub se nuwelinge het by hierdie geleentheid ook gewys dat hulle beslis ‘n bydrae tot die klub se sukses kan maak, met Thomas Strydom wat in sy afdeling ‘n tweedeplek behaal het. Dian Schnettler het in sy afdeling die derdeplek beklee.

Die boogskietklub berei tans voor vir die Noord-Kaapse binnenshuise kampioenskap, sowel as die “Field Nationals” wat in Maart beslis gaan word.

>