Die hengelaars van die Letsitele Varswater Hengelklub het gedurende die Desember vakansie die geleentheid aangegryp om bietjie die vislyne nat te maak. Sommige van die klublede het grotes op die dag gevang.

Soos die klub se Hengelaar van die Jaar en Senior Hengelaar van die Jaar, Carl Benedetti, wie selfs ‘n paar bielie karpe tydens ‘n visvangsessie op die 23ste Desember in die omgewing van Letsitele ingekatrol het.

Benedetti het tydens die klub se jaarlikse prysuitdeling-geleentheid, op die 3de Desember by ‘n wildsplaas op Bandelierskop, hierdie toekennings ontvang, tesame met verskeie mede-hengelaars wie ook vir hul prestasies beloon is.

Die skonere geslag het ook weereens rekening van hul vermoëns gegee deur die jaar en bewys dat hulle geensins vir die mans hoef terug te staan nie.

Die klub se voorsitter, Chrizel du Plessis, was met die Senior Vroue Hengelaar van die Jaar gekroon. Die prys vir die Junior Meisies Hengelaar van die Jaar het aan Zelouise Benedetti gegaan. Callie Buitendag was as die Senior Seuns Hengelaar van die Jaar aangewys.
‘n Aantal hengelaars het ook pryse ontvang vir die grootste verskeie vis spesies wat hul gevang het.

Hulle is Wallie van Dyk (Grootste Kurper), Pieta Visser (Grootste Karp), Ferdie Osmers (Grootste Baber) en Callie Buitendag (Grootste Swartbaar). Die prys vir die Grootste Makriel was deur Osmers en Jurgens Spaumer gedeel.

Die klub se gesogte Presidents-toekenning was vanjaar aan die broers, Werner en Wouter van Dyk oorhandig. Die Lojaalste Hengelaar van die Jaar was Hennie du Plessis. Gerald Durrheim (Erdwurm van die Jaar) en Louw Theunissen (Trol van die Jaar) was van die klublede wie ook pryse gekry het.

Diegene wie graag belangstel om lede te word van die Letsitele Varswater Hengelklub kan met die voorsitter, Chrizel du Plessis, in verbinding tree op 083 985 8220 of stuur ‘n e-pos na lvhklub@gmail.com

>