Tzaneen Buiteklub se gholfjoggies was Saterdag die 11de November met koeldrank en hamburgers bederf as ‘n blik van waardering vir hul getroue diens deur die loop van die jaar. Dit het tydens die klub se jaarlikse Kersfees-rondte plaasgevind.

Die koeldrank was deur die klub se kaptein, Willie Mccallaghan, geskenk en die hamburgers was goedgunstelik deur Hansie Hoffmann van Cloud Mountain Spur op Tzaneen verskaf. McCallaghan en die klub se president, Phillip Mostert, het die koeldrank en kos aan die joggies uitgedeel.

Na hierdie verrigtinge het die spelers in spanne van vier aangetree by die bof van die 10de gatjie. Hier het die spelers aan ‘n kompetisie deelgeneem om te bepaal watter span die vinnigste tyd kan opstel om die bal op die vyf houe gatjie te kan sink.

Die span bestaande uit Philip Mostert, Jacques Smit, HJ van Jaarsveld en Willie McCallaghan het so byna die spoedgholfstryd gewen.
Maar hul opgewondenheid was van korte duur toe die span van Gerhard Smit, Christopher Atherstone, Deon Laminga en Cor van Heiningen hulle met ‘n beter tyd getroef het om met die wenprys van R1000 weg te stap. Die wenspan het die vyf houe gatjie in ‘n tyd van 1 minuut en 23 sekondes voltooi.

>