Die Studenteraad van die Hoërskool Ben Vorster het Maandag die 13de Desember Noah’s Ark Kinderhuis besoek. Die doel van die besoek was ‘n welwillendheidsgebaar waar die Vossie leiers vir 2021/2022 allerlei geskenke aan Noah’s Ark oorhandig het.

Danksy die Studente Raad se welwillendheidskommitee wat op Erfenisdag, die 24ste September, ‘n liefdadigheidsgeleentheid genaamd “Toy Run Car Wash” op die skool se terrein aangebied het, was dit moontlik om die kinders met geskenkies te bederf. En om te wys die Vossie-leiers gee werklik om vir behoeftige mense.

>