Maurice Schwartz tydens die wegspring in Bloemfontein oppad Wellington toe vir die Munga-wedren. Foto's: Verskaf

Vir mense wie nog nooit gehoor het van die Munga Bergfietswedren nie, dit word gereken as een van taaiste bergfiets-avontuurtogte in Suid-Afrika.

Maurice Schwartz.

Maurice Schwartz is ‘n bergfietsryer van Tzaneen wie Sondag die 5de Desember hierdie marteltog volttooi het. En mens sou dink dat dit slegs gesoute ryers sal wees wat die Munga sal aanpak.

Maurice Schwartz.

Schwartz vertel hy het sowat ‘n jaar terug eers die bergfietsryery ernstig begin opneem. Hy is egter geensins onbekend wat fiksheid en gesondheid aanbetref nie.

Maurice Schwartz.

Hy spog immers met grade in Sport Wetenskap, Menslike Bewegingswetenskap en Sielkunde ondermeer. Dus het hy geweet waarvoor hy hom inlaat toe hy vir die magtige Munga ingeskryf het.

Maurice Schwartz.

Dié kranige sportsman het die Munga in ‘n tyd van 98 ure en 57 minute voltooi. Schwartz het die 30ste November vanuit Bloemfontein vertrek en op Sondag die 5de Desember het hy na 1188km die eindstreep in Wellington oorgesteek. Die Tzaneener het in die 46ste plek klaargemaak uit die 170 deelnemers wat die tog kon voltooi het.

Maurice Schwartz.

“Die plek wat ek behaal het is nie vir my so belangrik nie. Inteendeel, elke deelnemer, van die eerste tot die laaste een, is almal in my oë kampioene.”

“Ek is redelik fiks, maar het nie veel voorberei nie. Die voorbereiding wat ek deur die jaar gedoen het was van die verskeie bergfietswedrenne waaraan ek deelgeneem het.”

Maurice Schwartz.

Volgende in sy dagboek beplan Schwartz om selfs ‘n meer gedugte bergfietswedren aan te pak, naamlik die Freedom Challenge, wat vanaf Pietermaritzburg tot in Wellington oor ‘n afstand van 2 150km beslis word. Deelnemers het 26 dae tyd om die wedren te voltooi.

Maurice Schwartz.

“Die Freedom Challenge is nie net baie vêr nie, maar het ook ‘n hoogte bo seespieël van 33 000m wat die deelnemers na behore beproef. Die afsnytyd vir die Munga-wedren byvoorbeeld is 120 ure. Maar vir nou wil ek eers bietjie rus voor ek dink aan die volgende wedren, want my agterstewe is lam getrap.”

Maurice Schwartz.
>