Die span van Laeveld Sitrus het vanjaar die Noordchem gholfdag gewen. Van links is Altus Geldenhuys, Reinhard Gerber, Gerhardt Vorster, Wiehann Wagenaar (Noordchem borgverteenwoordiger) en Gerhardus Geldenhuys.

Noordchem het Donderdag die 2de Desember sy jaarlikse gholfkompetisie by Tzaneen Buiteklub aangebied. Verlede jaar, soos met vele ander geleenthede, moes Noordchem hierdie gholfdag opsy skuif weens die swaar inperkinge wat deur die Covid-19 pandemie genoodsaak was.

Pieter Maritz, Rikus Smit, Louis Jordaan en George Schoeman het die tweede plek in Noordchem se gholfdag behaal. Foto’s: Roelof de Jonge

Die gholfdag met die doel om Noordchem se aandeelhouers te bedank vir hul ondersteuning, was vanjaar vir die
vyfde keer gehou.

Rikus, Armand, Frans en Eugene van die BASF-span het die derde plek in Noordchem se gholfdag opgeraap.

Die span van Laeveld Sitrus het vanjaar as die wenspan uit die stryd getree. Sowat 14 spanne met vier spelers
per span het Donderdagoggend in snikhete hitte aangetree om mekaar die stryd aan te sê.

Die 18de gaatjie het ‘n wenprys van R100 000 beloof vir die speler wie met ‘n kolhou (hole in one) kon slaag. Gelukkig vir die organiseerders en ongelukkig vir die deelnemers kon geen speler met ‘n kolhou slaag nie.

Meyer Jacobs, Cilliers van Heerden, James Vorster en Tiaan van der Walt van Noordchem se juniorspan het die sesdeplek algeheel beklee.

Noordchem wil graag die volgende borge bedank vir hul ondersteuning wat tot die sukses van vanjaar se gholfdag bygedra het:
BASF
Forms Media
Louis Naude (Naude Brokers)
Deon van der Linde en Arno de Klerk (FNB)
Villa Crop.

Die span van Mahela met Hansie van der Walt, Carl Fourie, Francois Vorster en Nico Smith het die prys vir die span in die vierde plek ontvang.
>