Hierdie lede van die Chrome Soldiers Mopani-klub het onlangs aan hulle jaarlikse Poker Run geleentheid deelgeneem en baie pret tussendeur gehad. Foto: Roelof de Jonge

Die ysterperd-ridders van die Chrome Soldiers Mopani Motorfietsklub se passie lê nie net by hul motorfietse nie.

Die groep motorfietsryers is net so passievol daaroor om hul medemens te help en ondersteuning in die gemeenskap te bied waar hul moontlik kan.

Chrome Soldiers ondersteun Helpende Hand met skenkings vir behoeftige gesinne. Teenwoordig tydens die skunking was Riekie Smit, Edith Palvie, Blanche Liebenberg, Cornia van Coller, Haily Pereira, Kevin van den Bergh en Deon Serfontein. Die lede afwesig was Adri Serfontein, Hendrie Liebenberg, Gideon van Coller, Bertie Palvie, Naomi en Jaco Labuschagne en Hendrik en Chantelle van der Linde. Foto: Verskaf

Dit het ‘n jaarlikse instelling geword vir die Chrome Soldiers lede om met skenkings die Solariditeit se Helpende Hand projek te ondersteun. Volgens Edith Palvie, een van die Chrome Soldiers weldoeners wie by hierdie projek betrokke is, het die Helpende Hand welwillendheidsprojek op Tzaneen sowat ses behoeftige gesinne wat hulle deur die loop van die jaar met kospakkies ondersteun.

Soos verlede jaar hierdie tyd het die Chrome Soldiers ridders sonder aarseling weer by hierdie projek betrokke geraak. Pelvie het gesê dat hul klub se lede verlede jaar reeds die besluit geneem het om die welwillendheidsgebaar ‘n jaarlikse instelling te maak.

Die Chrome Soldiers Mopani-klub tydens hul deelname aan die onlangse Poker Run pretrit. Foto: Roelof de Jonge

Die Chrome Soldiers lede het ondermeer emmers met kospakkies binne in, met sommige individue wat selfs drie op ‘n slag geskenk het, bygedra. Vir die kinders was daar ook ‘n aantal speelgoed geskenk, maar hoofsaaklik het die skenking uit kos bestaan.

Hulle het ook onlangs sy eerste Poker Run geleentheid van die jaar vir die lede gehou. Die vise-president van die Chrome Soldiers Mopani-klub op Tzaneen, Deon Serfontein, het die lede genooi om aan die pretgeleentheid deel te neem.

>