Pieter Bekker het ‘n aantal toekennings agter sy geskryf, ondermeer die Senior Skut van die Jaar. Armando Dos Ramos en Bryan Heyland het die toekenning oorhandig. Foto’s: Roelof de Jonge

Die Bosveld Jagters en Wildbewaring Vereniging (BJV) se Letaba-tak op Tzaneen het Saterdag die 20ste November die jaar afgesluit met ‘n toekenningsgeleentheid waar die top skuts vir hul vernuftigheid beloon is.

Liesel Roos is die BJV Letaba-tak se Vroueskut van die Jaar. Saam haar is mede-skuts Armando Dos Ramos en Bryan Heyland.

Dit was veral die skut, Pieter Bekker, wat vanweë sy prestasies deur die loop van 2021 met top toekennings
vereer is. Bekker het die toekenning vir die Mans Senior Skut van die Jaar verower en het ook die Lid van die Jaar prys ontvang. Dit was veral gegrond vir Bekker se bydrae en bevordering van handwapenskiet.

Die toekenning vir die Vroueskut van die Jaar was aan Liesel Roos oorhandig. Joubert Fleischmann het die Junior Skut van die Jaar ingepalm. Bekker, tesame met Alwin, Jahdin en Joubert Fleischmann, het as span namens die Letaba-tak aan veelvuldige kompetisies van die Konfederasie van Jagtersverenigings in Suid-Afrika (CHASA)
deelgeneem en besonderse uitslae behaal.

In die CHASA multi-geweer skietbyeenkoms in Bloemfontein het die Letaba-tak se skuts in die derde plek geëindig. Tydens die CHASA interprovinsiale baan-skiet kompetisie het dié span die Standaard-klas vir mansskuts verower.

Bekker was na afloop van hierdie baanskiet byeenkoms as die Top Skut in die Standaardklas aangewys. Met hierdie prestasie was Bekker aangewys vir die CHASA Nasionale-span wat moontlik aanstaande jaar internasionaal gaan deelneem. Joubert Fleischmann was as die Beste Junior Skut benoem.

Die rede waarom daar gesê word dat die CHASA nasionale-span moontlik volgende jaar kan gaan deelneem is weens die rondgaande Covid-19 pandemie. Niemand weet beslis of daar inperkings gaan opskiet teen die tyd wat die skuts volgende jaar aan die byeenkoms moet gaan deelneem nie. Daar mag dalk reisbeperkings wees wat die
skuts kan verhoed om te vertrek of die land wat die skietkampioenskap aanbied kan inperkings beleef wat dit dan taboe vir enige sportbyeekoms sal maak.

Die Parejag Junior Skuts van die Jaar-titel was weereens vanjaar aan die broers, Werner en Wouter van Dyk, toegeken.

Die toekenning vir die Jagter van die Jaar vir die binnelandse kampioenskap het aan Armando Dos Ramos gegaan. Die Boogjagter van die Jaar was Francois Malan. Malan en Heinrich Osmers was as die Parejag Senior Skuts benoem. Werner en Wouter van Dyk het vanjaar se Parejag Juniors Skuts titel opgeraap.

Werner was ook as die Junior Jagter van die Jaar aangewys. Maryna Jacobz het die Vrouejagter van die Jaar titel ontvang.

>