Sandro Mhlarhi (gr.7) het die Vaktoekennings vir English Home Language, Xitsonga Eerste Additionele Taal en vir Kuns en Kulttur gekry.

Die Laerskool Dr Annecke op Letsitele het sy jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid gehou waartydens dié skool sy top sport, akademiese en kultuur presteerders aangewys het.

Die nuwe hoofleiers vir 2022 van Laerskool Dr Annnecke. Voor is Welmi Joubert (hoofmeisie) en Chantené Schoeman (onderhoofmeisie). Agter is Riaan de Kock (onderhoofseun) en Chrisjan Genis.
Top 3 Akademiese Prestasie vir gr.6 leerders. Voor is Xihlovo Mabaso (Brons) en agter is Riaan De Kock (Goud) en Chrisjan Genis (Silwer).

Tydens hierdie geleentheid het die skool ook sy nuwe hoofleiers vir 2022 bekendgestel.

Top 3 Akademiese Prestasie (gr.5). Voor is Minkateko Thuketana (Silwer). Agter is Lia Coetzee (Goud) en Nina van Eck (Brons).
Top 3 Akademiese gr.7 leerders. Voor is Christiaan Loots (Goud) en agter is Sonique Malan (Silwer) en Josua van Eeden (Brons).
Sonique Malan (gr.7) het Vakpryse ontvang vir haar uitnemendheid in Natuur Wetenskap en Tegnologie).
Riko Gubitz, Veelsydigheid Prys vir die leerder wat op verskeie gebiede uitgestaan het.
Rigard Genis, Landloop Atleet van die Jaar.
Nkateko Shimosa het die Uitnemende Deursettingsvermoë (Vasbyt) Toekenning.
Josua van Eeden (gr.7) was met Vaktoekennings vir sy prestasies in Afrikaans Huistaal en Sosiale Wetenskap beloon.
Die Top 3 Akademiese Prestasie vir gr.4 leerders. Voor is Jana Pieterse (Brons). Agter is Adriaan Genis (Silwer) en Jeanri van Eck (Goud).
Die Antjie van die Jaar prys was aan Grethe Joubert toegeken.
Christiaan Loots (gr.7) het vakpryse (Kuns en Kultuur, Ekonomie en Bestuurswetenskap, Engels First Additional Language en Wiskunde) ontvang en het met die Dux Leerling van die Jaar weggestap.
Riko Gubitz, Hokkiespeler van die Jaar.
>