Voor is Johané du Toit (Merensky biokinetikus), Ilze Kok (Merensky Sportsentrum) en Ilze Wicksell. Agter is Hennie Kriel, Tommie Erasmus, Nicolette Steyn (Merensky Sportsentrumbestuurder) en Janitha Eva. Foto: Verskaf

Die Hoërskool Merensky het onlangs ‘n atletiekklub gestig. Die afrigters van dié klub, Nickey Steyn, Ilse Kok en Johané du Toit, het van die 12de tot 14de November ‘n afrigterskursus bygewoon.

Hierdie kursus en seminaar wat deur sowat 60 afrigters bygewoon was, het by Sundown Landgoed buite Rustenburg plaasgevind.

Heelwat bekende internasionale afrigters, ondermeer Hennie Kriel (naellope en hekkies), Ilze Wicksell (middelafstand items), Tommie Erasmus (spiesgooi) en Janitha Eva (diskus en gewigstoot) het die kursusgangers met die jongste oefeninge en programme in die atletiekwêreld touwys gemaak.

Na die kursus het elkeen ‘n diploma ontvang.

>