Lara Pieterse het met haar uitslag onder die lys van die Top 100 deelnemers landswyd verskyn.

‘n Paar wyse junior leerders van die Hoërskool Ben Vorster het aan die ATKV se Junior Afrikaanse Huistaal Olimpiade deelgeneem. Dié leerders het met uitstekende uitslae, wat onlangs bekend gemaak was, vorendag gekom.

Sumari Vorster.

Altesaam sewe onder die top tien deelnemers vir Limpopo is vanuit die Vossies se geledere. Daar was egter een leerder wat in besonders uitgeblink het.

Mianel du Plooy.

Lara Pieterse, ‘n gr.9 leerder, word onder die Top 100 nasionale deelnemers gereken. Pieterse was tweede gekeur onder die Limpopo deelnemers met haar persentasie van 73%.

Katie van Zyl.

Die wenner vir Limpopo, Leané Deale wie ‘n gr.8 leerder van die Hoërskool Louis Trichardt is, het slegs een persent meer as Pieterse behaal wat aan die Triggie die top uitslag besorg het.

Jané Toeren.

Die vraestel het bestaan uit veelvuldige vrae en leerders kon vir die Olimpiade voorberei deur na die 2020 vraestel te kyk. Die ander leerders wie saam met Pieterse met Top Tien plekke onder die Limpopo deelnemers
spog is Katie van Zyl (gr.8), Euné Pohl (gr.8), Mianel du Plooy (gr.9), Jané Toerien (gr.9), Alida van der Walt (gr.9) en Sumari Vorster (gr.9).

Euné Pohl.

Die Junior Afrikaanse Huistaal-vraestel het uit ‘n aantal afdelings bestaan wat die leerders se taalvernuf beproef het. Die afdelings het uit Stillees, Taalkunde, Poësie, Prosa en Drama bestaan.

Alida van der Walt.
>