Die afgelope Saterdag, die 23ste Oktober, het die Hoërskool Merensky ‘n fees van sport aangebied. Wat ‘n gesig was dit om uiteindelik weer skoolkinders na hartelus te kan sien aan sport deelneem, met beperkte getalle toeskouers wat geesbevange die deelnemers aangemoedig het.

Veral in die lig dat skoliere so min tyd gegun is om sport te kon beoefen vanweë die ewig durende Covid-19 pandemie en gepaardgaande regulasies hierdie jaar, het die deelnemende spelers nie op hul laat wag om ‘n skouspel van sport op te dis nie.

Die toeskouers en aanhangers kon uiteindelik weer hul verlustig aan ondermeer die sewes rugby met tientalle
o/17- en o/15-spanne wat mekaar die stryd aangesê het. Merensky het ook ‘n Fast 5 netbaltoernooi aangebied, en terwyl die netbalmeisies ink doele aangeteken het, het die rakkette se snare op die tennisbane gesing. Op die skietbaan het die skuts van Merensky hul slag gewys met die pyl en boë.

Die sewes rugbyspanne van Merensky het teen HTS Tom Naudé, Hoërskole Frikkie Meyer, Ellisras, Ben Viljoen, Frans du Toit, Pietersburg (PHS) en Piet Potgieter te staan gekom.

Die o/17- en o/15-spanne van PHS was as die wenners gekroon. Die naaswenners van die o/17-afdeling was die span van Merensky wat op sig selfs uithaler rugby opgedis het. Die span van Frans du Toit se spel was geensins te versmaai nie en hulle is met die derdeplek beloon. Ellisras se o/15-span het die tweedeplek in hierdie afdeling opgeraap met die blitsrugby spelers van HTS Tom Naudé in die derdeplek.

Terwyl die sewes rugbyspelers vir opwinding gesorg het, het die netbalmeisies hul laat geld in die Fast 5 netbaltoernooi. Altesaam 17 spanne, van ondermeer die gashere en van Hoërskole Louis Trichardt en Frans du Toit sowel as spanne van Gravelotte en Lukenani, het mekaar in die tipiese Tzaneen se snikhete hitte aangedurf.

Die spanne het ondermeer in o/12-, o/13-, o/15- en o/17-afdelings gespeel. Die spanne het in ‘n rondomtalie-formaat deelgeneem. Merensky het altesaam sewe spanne vir hierdie toernooi ingeskryf. Die plaasmeisies het gewys dat die vars plaaslug baie goed is vir die gesondheid. Merensky het hul teenstanders in beide die o/17- en o/15-afdelings op hul neuse laat kyk. Die Plasies Xplosions het die o/17-afdeling gewen met dié spanne aanteken.gashere hoofberekenings besorg.

Die o/15 seunshokkiespan van Merensky het ‘n dag van gemengde welslae beleef. Die wedstryd teen die tweede gekeurde Limpopo o/14-span het hulle met 2-0 gewen en dit met ‘n 1-0 sege teen die Limpopo ontwikkelingspan opgevolg.
Hul wedstryd teen die eerste gekeurde Limpopo o/14-span het met ‘n gelykop telling, twee doele elk, gelykop
geëindig. Die Plasies se Jaguars het in die o/15-afdeling koning gekraai.

Chantelle Mmadi van die Jaguars-span was as die Speler van die Toernooi en Tyra du Plessis as die Doel van die Toernooi aangewys. Die Jaguars het die meeste doele as al die ander aangeteken.

Die Astro hokkiebane van Merensky en Stanford Lake College (SLC) het onderskeidelik
die deelnemers van die Limpopo o/17- en o/15-afdelings gehuisves. Die o/17-spelers het by SLC en die o/15-
spanne het by Merensky kragte gemeet. Merensky se o/15 meisies het beide wedstryde teen SLC en ‘n ontwikkelingspan met 2-0 gewen.

Teen die Limpopo- span en teen PHS het hulle egter hul rieme styfgeloop deur albei wedstryde Merensky se o/17 meisies het teen die Universiteit van Limpopo, SLC en PHS gelykop gespeel, met geen doele wat in
enige van hierdie wedstryde aangeteken is nie.