Hein de Beer, voorsitter van Phoenix Krieketklub, oorhandig ‘n geskenk aan die klub se hoofborg, BB Group Tzaneen. Jacques Gerber, van BB Group Tzaneen, het die aandenking in ontvangs geneem.

Die BB Group Tzaneen Phoenix Krieketklub het Vrydag die 15de Oktober sy jaarlikse ‘capping’-seremonie gehou.

Dippies de Beer, kaptein van die promosie span, saam met Dawie Schoeman (Wolken borgskap verteenwoordig) en Cobus Geldenhuys, kaptein van Phoenix se Premierspan.

Die klub het ook die geleentheid gebruik om sy borge vir die afgelope seisoen te bedank, ‘n seisoen waar daar egter min krieket gespeel was vanweë die inperkings as gevolg van die Covid-19 pandemie en sy daaropvolgende trawante wat sake verder deurmekaar gekrap het.

Die klub se voorsitter, Hein de Beer, sê hulle is egter slaggereed vir die opkomende seisoen wat se aanvangsdatum eersdaags bekend gemaak sal word.

>