Morney Kleynhans.

Die Hoërskool Merensky se boogskuts het die 2de Oktober op Kempton Park by die binnenshuise satelliet-boogskietkampioenskap deelgeneem. Die Plasie-skuts het hul goed van hul taak gekwyt deur met ‘n aantal medaljes terug te keer.

Morney Kleynhans het die beste van die Plasie-skuts gevaar en was vir sy knapheid met die pyl en boog met ‘n goue medalje beloon. Ruzanne Koekemoer het ‘n silwer medalje verwerf. Skuts Zenni MacConnel en Dian Schnettler het elkeen ‘n brons medalje ontvang.

Ruzanne Koekemoer.

Jeandré Tolken en Andrea Togonidze het beide vierdeplekke behaal en Seph Ooshuizen
(Merensky se boogskiet-organiseerder) en Ruhann Koekemoer het beide vyfde behaal.

Merensky boogskietklub se skuts is tans besig om hulle voor te berei vir die 23ste Oktober wanneer die Merenskyfees plaasvind.

>