Here are some of the dance artists who performed at the recent Arts Festivus. Photos: Supplied

Ondanks die Covid-19 inperkingsmaatreëls, het die organiseerders van vanjaar se Arts Festivus (kunstefees), egpaar Mareli en Jansen van der Walt, die bul by die horings gepak om wel hierdie geleentheid vir
die derde jaar, in die Tosen Kultuursentrum te kon aanbied.

Die kunstefees is in samerking met Mareli se musiekstudio, Marjay’s Music Studio, en deur Ickinger juweliers en musieksentrum wat die klanktoerusting verskaf het, aangebied.

“Die eerste Arts Festivus was ‘n reuse sukses toe ons dit in 2019 aangebied het. Ons planne vir 2020 se kunstefees was egter in die wiele gery deur die Covid-19 pandemie, wat ons genoodsaak het om dit op ‘n virtuele platform aan te bied. Ondanks die inperkings, kon ons wel daarin slaag vanjaar om dit weer te hou”, het Mareli gesê.

Die winste vanuit die inskrywingsgelde gaan vir gemeenskapsprojekte aangewend word. ‘n Gedeelte daarvan gaan vir die musiekstudio se musiekterapie program genaamd ‘Music Village’ gebruik word. Verder sal dit help om talentvolle kinders vanuit kinderhuise te identifiseer wat dan deur die jaar werkswinkels sal bywoon waar hulle talente bevorder sal word. Die wenners van elke afdeling het met ‘n kontantprys van R1 000 weggestap.

Volgens die Jansens is dit nie net kinders wat aan hierdie kunskompetisie kan deelneem nie, enige person
met talent kan inskryf. Die verskeidenheid van afdelings waaraan die kunstenaars kon deelneem was ondermeer kuns, fotografie, musiek (vokaal en instrumental), drama en dans. Die organiseerders het egter weergegee dat hulle beoog om vir volgende jaar se fees selfs meer afdelings wil byvoeg om vir meer kunstenaars voorsiening te bied.

Lane Kruger was met die eerste prys vir die vokale musiekafdeling bekroon. Die instrumentele musiekafdeling se prys het aan Anjé Muller gegaan. Die drama-afdeling se eersteprys het aan Sanel Botha behoort. Die prys vir die beste kunswerk was aan Kabelo Maduna toegeken en die fotografie-afdeling se prys was aan Cyril Mangena oorhandig.

>