As een van die deelnemers vashaak, dan spring almal in om hand by te sit. Foto's: Olifants 4x4 Groep

Net die ander dag het Bulletin berig oor die manne wat met hul 4×4-waens, soos dit vir die afgelope 30 jaar betaam, vanaf die 4de tot die 8ste Augustus toegesak het op die Olifantsrivier vir hul jaarlikse natuur- en pretritgeleentheid.

As mens nie kan skoene uitskop in die sand van die Olifantsrivier nie, dan ontspan mens maar in die rivier.

Bulletin het met Harry Wernich, die hooforganiseerder gesels na afloop van die ‘trippie’ en ook om bietjie van die foto’s te deel van hoe die geselskap die avontuur geniet het.

Danksy die afgelope reën vroeër vanjaar het die Olifantsrivier nie oral sandbanke gehad om op te ry nie.

Alhoewel dit duidelik was dat die manne hul gate uit geniet het, was dit ‘n onstoke Wernich wat na die mense gekap het wat tydens ‘n vorige naweek se kampsessie hul gemors net so agter gelaat het. Die Olifants 4×4-groep het eenvoudig maar ingespring om die morsjorse se rommel op te ruim.

Die avontuurlustiges van die Olifants 4×4-groep weet hoe om uit te kamp en hul kamplek agterna op te ruim vir ander mense om te kan geniet.

Nie net omdat hulle omgee vir die natuur nie, maar ook omdat dit die verantwoordlike ding is om te doen. En om te verhoed dat enige persoon van die Olifants 4×4-groep en moontlik ander mense wat in die toekoms die rivier gaan besoek nie daarin trap en moontlik beseer kan word nie.

Die deelnemers van dié jaar se Olifants 4×4-rit moes katvoet ry in die Olifantsrivier.

“Ons het die blikke, bottelstukke en ander gemors in die rivier gekry van ‘n groep wat die naweek voor ons gery het. Ek dink net dat daar gepraat moet word teenoor hierdie skuldige mense.”

Die kampvuuur brand hoog tydens een van die uitkampsessies in vanjaar se Olifants 4×4-avontuurtog.

“Enige natuurliefhebber en 4×4-geesdriftige sal nie ‘n kampplek so agterlaat nie. Ons wil ‘n beroep doen op mense om respek vir die natuur te kweek, want dit is vir ons almal daar om te geniet. Die mense wie dit so na gelaat het, ons weet wie julle is.”

Die konvooi van die Olifants 4×4-groep oppad na hul bestemming, die Olifantsrivier.

Wernich wie die afgelope drie dekades hierdie groep 4×4-geesdriftiges byeen gebring het vir die 4×4-avontuurtog, het vanjaar die vir die laaste keer hierdie buitelug geleentheid gereël en het die leisels aan Cornel van Niekerk oorhandig wie van 2022 die samekoms gaan reël.

Die Olifants 4×4-groep het hul misnoë uitgespreek oor die kampeerders wat hul gemors net so agter gelaat het.
Die Olifants 4×4-groep was nie in hul noppies met die rommelstrooiers nie.
Die Olifants 4×4-groep het vanaf die 4de tot die 8ste Augustus weer vanjaar die avontuurtog meegemaak.
Die Olifants 4×4-groep maak reg om kamp op te slaan tydens een van hul nagte onder die sterre.
Die persone wie gedink het daar gaan net sandbanke langs die Olifantsrivier wees om op te ry, was begroet met heelwat waterhindernisse.
Die sandbanke van die Olifantsrivier het vir groot 4×4-pret gesorg.
Dit is van die pragtige natuurtonele wat die Olifants 4×4-groep onlangs ervaar het.
Dit vat dalk baie beplanning en organisering om die Olifants 4×4-rit te reël, maar dat dit prettig is, is gewis.
Harry Wernich, organiseerder van die Olifants 4×4-avontuurrit, is besig om kos te help voorberei vir aandete.
Nie net het die Olifantsrivier baie water gehad vanjaar nie, maar kyk hoe skoon is die water.
Niks is lekkerder as uitkamp onder die sterre soos wat die Olifants 4×4-groep onlangs ervaar het.
Vanjaar het die Olifantsrivier die Olifants 4×4-geesdriftiges met baie water begroet na die baie reën vroeër dié jaar.
>