Die wenspan se spelers is Danie du Bruyn, Netta Alexander, Leon van Dyk en Piet Geldenhuis.

Daar is geen keer aan die spelers van die ATKV Eiland Rolbalklub nie, alhoewel die einde van die seisoen vir dié klub se spelers wink. Selfs vakansiegangers oorval nog steeds die klub om te kan speel.

Maar soos die einde van die seisoen nader kom vir wedstryde op Saterdae, kwyn die getalle van borgskappe. Volgens Karen Kruger, skakelbeampte en speler by hierdie klub, spring die klub se oud-lede self in met die borgskap vir pryse vir die spelers. Saterdag die 14de Augustus se kompetisie was geen uitsondering nie.

Die rolbalspan van Leon Pieters, Eric Kruger, Elize Malan en Alta van Dyk was tweede algeheel.

“Deur die rolbalseisoen, is die ATKV Eiland Rolbalklub bevoorreg om heelwat ondersteuning van borge te kry, grotendeels van plaaslike besighede, waarvoor ons innig dankbaar is”, het Kruger gesê.

Hierdie afgelope Saterdag was dit dan Callie Prigge wie saam met Harry Malan hul goedhartigheid, en beursies, weereens geopenbaar deur kontant pryse vir die rolbal wenspanne beskikbaar te stel.

Die span in die derdeplek se spelers was Robby Strachan, Pieter Laubser en Marie van Aarde.

“Die bestuur wil graag hulle dank oordra aan hierdie interne borge, wat Saterdae se wedstryde ondersteun. ‘n Wedstryd om na uit te sien, is die Boere teen die Souties rolbal-oorlog, wat Saterdag die 21ste Augustus gehou gaan word.”

Die pryse vir die eersteplek in die Prigge en Malan borgdag het aan die span van Danie du Bruyn, Netta Alexander, Leon van Dyk en Piet Geldenhuis gegaan. In die tweedeplek was die span van Leon Pieters, Eric Kruger, Elize Malan en Alta van Dyk. Die span wat in die derdeplek geëindig het se spelers was Robby Strachan, Pieter Laubser en Marie van Aarde.

>