Anke Rood. Foto's: Andries van Zyl

‘n Aantal skoleberg fietsryers van Tzaneen se skolespanne het die afgelope Saterdag die 14de Augustus op Louis Trichardt aan die eerste rondte van die Limpopo XCO skole bergfietsuitdaging, die Tour de Lip,
deelgeneem.

Beide hoër- en laerskole neem aan hierdie skoleberg fietsliga deel. Dit was veral die meisies bergfietsryers van die Hoërskool Merensky wie in nat, modderige en koue toestande hul staal getoon het om eerste oor die wenstreep te jaag.

Xandrich Schoerie.

Anke Rood wie in die afdeling vir junior meisies gery het, het in haar wedren geseëvier. Sophia van Wyk het ook geskitter deur die afdeling vir sub-junior hoërskool meisies te wen.

Xandrich Schoerie het ook ‘n goeie vertoning gelewer en het uiteindelik in die tweedeplek in die subjunior afdeling vir seuns geëindig. Die nuweling in die Plasies se bergfietsspan, Ivan Groenewald, het in sy eerste wedren deelgeneem en is vasbeslote om voortaan sy merk in die sport te laat. Hy het uiteindelik in die negendeplek die wedren voltooi.

Sophia van Wyk

Leila van Wyngaard van die Laerskool Duiwelskloof wie in die nipper-afdeling gery het, het vir ‘n rits teenstanders weggejaag om eerste die wenstreep te kruis. Gordon Noel van Stanford Lake College het in die sub-junior afdeling vir seuns modder in sy teenstanders se oë geskop met ‘n welverdiende eersteplek.

>