Peter Cars, Nelia de Beer en Pieta Visser het as die wenspan uit die stryd getree. Agter is Bennie Steenkamp (ATKV Eiland Spa oord-bestuurder.

Op Saterdag die 26ste Junie het die ATKV Eiland Spa Rolbalklub sy weeklikse geborgde kompetisie aangebied, met die gewilde vakansie-oord wat hierdie keer self as borg vir die geleentheid ingetree het.

Naas Gouws, Jaco Bester en Pat Strachan was die span in die tweedeplek. Agter is Bennie Steenkamp (ATKV Eiland Spa oord-bestuurder.

Daar was groot opgewondenheid wat geheers het onder die bestuur van die rolbalklub vir die vooruitsig na die volgende rondte se rolbalspel vir die volgende naweek. Maar toe steek die land se president, Cyril Ramaphosa, ‘n stokkie voor die idees van enige samekomste, sportbyeenkomste inkluis, met die aankondiging van die nuwe vlak inperkingsmaatreëls.

Dit is omrede die Gautengers oorval was met ‘n vlaag van Covid-19 infeksies. Vir tyd en wyle sal daar weens hierdie nuwe inperkingsregulasies geen rol-bal plaasvind nie. Volgens Karen Kruger, skakelbeampte van die ATKV Eiland Rolbalklub, het elke speler hierdie keer ‘n prys vir hulle deelname ontvang, of hul span gewen het of nie. Die wenners van hierdie geleentheid was met duursame rolbalsakke beloon waarop die handelsmerk van die borg op die sakke verskyn.

Tulli de Beer, Linda Pieters en Daan Swart was die span wat in die derdeplek geëindig het. Agter is Bennie Steenkamp (ATKV Eiland Spa oord-bestuurder.

“Daar was kontant pryse vir die spelers van die tweede- en derdeplek se spanne. Daarna het elke deelnemende rolbalspeler ‘n geleentheid gekry om self vanaf die tafel met pryse ‘n item uit te soek.”

Kruger het die bestuur van hierdie vakansie-oord bedank vir hulle lojale ondersteuning en vir die toestemming dat lede en vakansiegangers, rolbal kan beoefen, veral in hierdie epidemie tydperk. Bennie Steenkamp, die ATKV Eiland Spa se oord-bestuurder, het die gelukwensing en prysuitdeling behartig.

Hierdie gemengde parespel was deur die span, bestaande uit Peter Cars, Nelia de Beer en Pieta Visser, gewen. Die span in die tweedeplek se spelers was Naas Gouws, Jaco Bester en Pat Strachan. Die span wat die derdeplek se prys ontvang het, was Tulli de Beer, Linda Pieters en Daan Swart.

>