Die ATKV Eiland Rolbalklub het Saterdag die 19de Junie vir die vyfde keer ‘n byeenkoms vanjaar gehou met die geborgde Granor Passi rolbalkompetisie.
Volgens dié rolbalklub se skakelbeampte, Karen Kruger, het die spelers weereens bewys dat hulle gretig is om die rolballe aan die rol te sit.
“Die baan was stampvol gepak, soveel so dat die spel in twee sessies, oggend en middag, gedeel moes word om almal te huisves. Ons as bestuur wil graag Granor Passi bedank vir die skenking van die kontant pryse aan die spelers van elke wenspan.”
Die eersteplek was deur die span van Johan von Backstrom, Cliff Hartman en Lizette Viljoen verower. Leon Pieters, Marie Gouws en Sonja Malan was die span wat die tweedeplek behaal het.
Die span in die derdeplek was deur die spelers Nico de Bruin, Wessel van der Westhuizen en Nita Moir verteenwoordig.