Bakkies van Vuuren was een van die Hoërskool Ben Vorster se spelers wie die dag meegemaak het. Foto's: Roelof de Jonge

Wolkberg Akademie het Vrydag die 11de Junie sy jaarlikse gholfgeleentheid by die Tzaneen Buiteklub aangebied. Hierdie is een van dié akademie se geldinsamelings-projekte wat vir die skool aangewend word.

Zaander van der Sandt.

Bulletin het ‘n draai by die Wolkies se geleentheid gemaak en ‘n paar van die spelers afgeneem, met sommiges wat baie opgeruimd was om die dag op die gholfbaan deur te bring en ander wat meer ernstig voorgekom het soos hulle gepoog het om hul voorgee te verbeter.

Yolande Rautenbach.

Wolkberg Akademie se personeel en ouerbeheerliggaam het hul dank betuig aan elke speler wat die dag meegemaak het, en belangriker, die onbaatsugtige gebaar van die tientalle besighede wat onderneem het om die geleentheid te ondersteun.

Xander Perry.
SJ Wolvaardt.

Dit te midde van die ontstuimige ekonomiese omstandigehede wat Suid-Afrikaanse besighede hul tans in bevind wat grotendeels deur die inperkings weens die Covid-19 pandemie veroorsaak is.

Philip de Villiers in aksie tydens Wolkberg Akademie se gholfdag.
Niel Jacobs speel uit een van Tzaneen Buiteklub se sandhindernisse.
Marno Jacobs.
Evan Saayman saam met gholfjoggie Oscar Malatji.
Allan Bisset.
Albert Luus.
Adolf Smith.
>