‘n Kontrakteur is uiteindelik aangestel om die lewensgevaarlike sinkgat op die P43/3 Eilandpad te herstel. Die Mopani Distriks Munisipaliteit ontwyk al maande-lank reeds Bulletin se navrae oor hierdie pad, en dus het ons teen druktyd gister (Donderdag die 10de Junie) steeds geen nuwe inligting van hul segsman, Joel Seabi af ontvang nie.

Dit wil voorkom of die woordvoerders besiger agendas as enige van hul kollegas het – behalwe wanneer die geleentheid om op nasionale radio of televisie te verskyn, hom voordoen.

Oproep na oproep word geignoreer en die ou-tomatiese boodskap “ek is in ‘n vergardering en sal so vining moontlik jou terug skakel” bly die enigste kommunikasie tussen media en woordvoerder.

Bulletin sal probeer uitvind wie hierdie kontrakteur is, hoeveel die projek gaan kos, wat die projek alles sal behels en wanneer dit afgehandel sal word. Tot dan word motoriste gemaan om versigtig die pad tussen Letsitele en Eiland aan te durf.

>