Harry Malan, Estelle De Beer en Leon van Dyk het die prys vir eersteplek ontvang. Saam met hulle is die ATKV Eiland Rolbalklub president, Naas Gouws, wie die pryse aan die span se spelers oorhandig het. Foto's: Verskaf

Die rolbalbaan van die ATKV Eiland Rolbalklub was op Saterdag die 29ste Mei met die geborgde Houers Kooperasie Letsitele drie-spel rolbalkompetisie ‘n stampvol geleentheid soos wat ywerige spelers hul opwagting gemaak het.

Die rolbalspan bestaande uit Johan von Backstrom, Linda Loubser en Annatjie Myburgh het die prys vir tweedeplek ontvang. Agter is Naas Gouws.

Volgens Karen Kruger, die skakelbeampte van die ATKV Eiland Rolbalklub, behels die drie-spel kompetisie dat elke speler per span drie balle per skof oftewel beurt moet rol.

“Die leiers van die spanne of Skips, moes flink dink om hulle spelers met strategieë by te staan om sodoende hulle teenstanders se balle uit te knikker en om ook so na as moontlik of selfs teenaan die witbal te rol.”

Die span wat die pryse vir die derdeplek ontvang het se spelers was Tulli de Beer, Jurie Blom en Elize Malan. Agter is Naas Gouws.

“Die bestuur van die ATKV het die borg van hierdie geleentheid hartlik bedank vir die getroue ondersteuning. Ons klub se president, Naas Gouws, het die pryse namens die borg oorhandig.”

Die wenspan het bestaan uit Harry Malan, Estelle De Beer en Leon van Dyk. Die span wat die pryse vir tweedeplek ontvang het se spelers was Johan von Backstrom, Linda Loubser en Annatjie Myburgh. In die derdeplek was die span van Johan von
Backstrom, Linda Loubser en Annatjie Myburgh.

>