Marno Jacobs. Foto's: Roelof de Jonge

Die Hoërskool Ben Vorster se jaarlikse gholfkompetisie het Vrydag, die 28ste Mei, by die Tzaneen Buiteklub plaasgevind. Hierdie beterbal-kompetisie wat in aangename, matige weer beslis was, het sowat 32 spanne gelok.

Werner Lategan skop stof op in die sandput met Evan Saayman en Henry de Beer wat agter hom sake dophou.

Green van Rensburg en Adi Botes was die uiteindelike wenners na hulle met ‘n totaal van 47 punte die dag se spel bo aan die telbord geëindig het. Die pryse vir die tweedeplek het aan Hansie en Tiaan van der Walt behoort. Gert van Zyl en Louis Erasmus was die span in die derdeplek.

Ulrich Vosloo.

Volgens die Hoërskool Ben Vorster word hierdie gewilde gholfgeleentheid jaarliks gehou en die geld wat ingesamel word na afloop van die kompetisie word dan vir projekte by die skool aangewend.

Ruan en Neville Huyseman.
Ruan en Neville Huyseman saam met André Liversage junior en senior.
Robert Ramawela dui die roete na die gaatjie vir Pierre Naudé aan.

Die Vossies het hul dankbaarheid aan ieder en elk van die borge betuig wat tot die sukses van die geleentheid bygedra het.

Pierre Naudé.
Neville Huyseman.
Nelson Marais.
Meyer Jacobs.
Luan Labuschagne.
Johan Kelder speel uit die sand met Dewald van Heerden wat toekyk waar die bal gaan.
Evan Saayman.
Dewald van Heerden.
Dawie Botha.
Cilliers van Heerden.
André Liversage Jnr.
Alfie Viljoen.
Alex Zietsman.
Aldo Blignaut.
>